Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisies/Competitions

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Opleiding/Training

- - - - - - - - - - - - - - -

Snuffelgids / Classified Ads

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Wapens/Arms


Shooting Uphill or Downhill
21 Jun 2010
[In Afrikaans]



Latest News

The uphill versus the downhill shot is probably the biggest bone of contention around the campfire. Science has an answer, but it does not ring true and at first glance it looks like the wrong answer.

And it is well nigh impossible to test it in practice, because there is no shooting range with an uphill and a downhill range. In the veld the conditions are not ideal, bacuase there is no shooting bench and it is impossible to accurately determine the angle.

Science has it that the uphill and the downhill shot are exactly the same, because it concerns the horizontal distance the bullet has to travel. The theory is that the bullet travels a shorter horizontal distance when shooting downhill and, therefore, one should aim higher for the shorter distance. The steeper the angle, the shorter the distance. The attached diagram is based on an angle of 30°. It the gun is zeroed at 200 m, then the aim should be set as if the buck is standing at 173 m. Therefore, the aim is set lower. Uphill and downhill remain the same. At 45° angle the horisontal distance is 141 meters.

Bulldust and poppycock, says my hunting partner. Nico Steyn, a man with a maths degree, you have to aim lower against the uphill, because the buck is facing you at an angle. The angle exceeds 90°, but the aim is directed as if the buck is standing at exactly 90°. The buck will be hit where the aim is, but because the angle is greater than 90°, the shot will pass above the organs. Should the buck stand on the downhill, the angle is smaller than 90° and tha aim should be lifted to prevent shooting underneath the organs, See Nico’s attached sketch.

Be that as it my, I’m sure there are many theories floating around. Therefore, we are inviting readers who have investigated this science to air their views.

[ Back ]



Comments:

Posted by Nico Steyn on 19 July 2010 at 20:05

Een klein korreksie in die artikel.

“Nee wat dis twak...” moet wees “Nee wat, ek dink dis twak....”

Die geweer waarmee ek jag (lading ens.) en my gemaklike afstand (niks meer as 240m), is die kompensasie vir ‘n af of opdraande skoot as volg.

150 - 200m : Geen
200+ : Kompenseer.

My Koedoe jag doen ek vir die afgelope 13 jaar op dieselfde jag plaas. Die gelyk skoot op die plaas is die inskiet baan en dit is teen ‘n opwaartse helling van omtrent 5-10º.

My persepsie het gesorg dat ek my Koedoes (en die wat ek vir ander skiet) ALMAL kon huis toe vat.

Die volgende manne verstaan my metode :
- Werner
- Stuart Riddle
- Johann Ungerer
- Willie Kruger

Die res, “Nee wat, ek dink dis twak....”

Terloops (Adriaan Engelbrecht), brandewyn en kruit, elkeen op sy eie is dodelik, gemeng..... kom ons sê ‘n tragedie is gewaarborg.

Posted by adriaan engelbrecht on 19 July 2010 at 08:42

ek dink manne moet meer jag en brandewyn los daar is moerse verskil tussen n papier jagter en n wild(die ou wat werklik sy bok huistoe bring)jagter ek het nog nooit gedink n mens hoef n graad of skerpskutter te wees om n koedoe ens te skiet nie die afgelope 40jaar as wildsboer(Club Ranch Safaris) het ek my ontelbare bokke seker met geluk getref MY PUNT IS KYK NA DIE HOEK WAAR TEEN JOU BOK STAAN BEPAAL JOU DOODSARIA VAN DIE ORGANE (MIK EN SIET DIE POJEKTIEL SAL SY WERK DOEN) as n mens praat van afstande moet jy wel kopenseer (gelyk, opdraant of afdraant die ou wat in elk geval verder as 300m skiet kannie sy brandewyn hanteer nie)

Posted by Andre Lourens on 04 July 2010 at 20:31

Hokai stop die lorie ouens daar is groot fout in stukke van julle teorie die aantrekkings krag wat op die koeel inwerk het niks uit te waai met die afstand wat dit oor die aarde trek nie dit gaan oor die tyd wat dit in die lug spandeer . Ook is die trajek van n patroon net geaffekteur deur die hoek waarteen hy afgefuur is en die begin spoed wat aan hom gegee word n op-of aftraande skoot het niks uit te waai met enige wat hier bo gese is nie dit gaan net oor die regte trajek toe te pas sodat hy die bok sny waar hy staan dit maak nie saak of die bok op of aftraand is nie die patroon gaan nogsteeds trek nes jy hom afgevuur het . ek se nie dat n op of aftraande skoot nie jou skoot moet verander nie maar ek se net dat jou skoot moet nie noodwendig verander word soos hierbo gese is nie .

Posted by werner on 29 June 2010 at 22:52

Manne, julle maak dit ver moeiliker as wat dit regtig is. Ek is n skerp skutter n sekere land en ek kan praat uit ondervinding dat jou "point of impact" ALTYD hoog gaan wees sou jy op of afdraande skiet.Ek het vrede oor die van julle wat my nie wil glo nie. Al my jaggewere in SA het "angle cosine indicators" wat die hellings meet so daar is nie raai werk betrokke nie.Al wat ek kan se is enige afstand korter as 300m met n helling van minder as 15 grade, sal amper geen verskil in kompensasie wees nie.Ek stem wel saam dat die jagter se skoot plasing baie belangrik is teen n helling om seker te maak dat die koel die organe soos die hart tref.

Die ander vraag is hoe weet jy hoe ver om presies af te mik met n gewone "duplex reticle" indien jy min ondervinding in die jagveld het?Ek het n antwoord vir die probleem ook en gebruik dit tans.

Posted by Willie van aardt on 28 June 2010 at 10:55

Die tabel wat ek in my bespreking van op of af skiet oor gekopieer het sleg oor gekom. Hier is die regte Tabel.
Tabel 1 As die swaartekrag-val (SV) 22 duim vir 'n 300 jaart skietbaan-afstand is en die skiethoek bekend is kan die SV vir elke skiethoek op die Tabel afgelees word.

Skiet hoek / Sin van skiet hoek/ Swaartekr.val
(in grade) (SV)

(loodreg:
op /af=0 skiethoek)
0 0 0
10 0.174 3.8 duim
20 0.342 7.5 duim
30 0.500 11.0 duim
40 0.642 14.1 duim
50 0.766 16.9 duim
60 0.866 19.1 duim
70 0.940 20.7 duim
80 0.985 21.7 duim
90 1.000 22.0 duim
DIE NEGENTIG GRADE (90) BETEKEN DAT DIE GEWEER HORISONTAAL GEHOU WORD SOOS OP 'N SKIETBAAN. NUL GRADE (0) BETEKEN DAT DIE GEWEER LOODREG NA BO OF NA ONDER GEHOU WORD VOORDAT GESKIET WORD. Hierdie verhoudig wat sin genoem word, word verkry deur die presiese vertikale hoogte van die bok se blad te meet (byvoorbeeld by 200 jaart hoogte van die bok se posisie te deel met byvoorbeeld 360.5 jaart wat die skuins afstand van die jagter na die bok se blad is (200/360.5 wat 0.5548 gee. Hierdie breuk moet met 22 duim vermenigvuldig word wat 0.5548 x 22 =12.2 duim gee. Dit is die op- of- afskiet fout = SV vermendigvuildig met Sin). SV is die swaartekrag-val in duime by 'n gegewe skietafstand.
Willie van Aardt 28 Junie 2010
(Data geneem uit Harold Vaughn se boek:Rifle Accuracy Facts (1997)

Posted by Willieb van aardt on 28 June 2010 at 10:05

Opdraande en afdraande skiet:
[Omsettings van imperiale hoeveelhede: 1 mil. = 1/1000 duim = 0.0254 millimeter; 1 duim = 25.4 millimeter; 1 voet = 0.3048 meter; 1 jaart = 0.9144 meter ]

Die skiet fout wat gemaak word as teen ? baie skuins helling op of af geskiet word is nie van belang vir die skyfskieter op ‘n skietbaan nie maar vir die jagter wat byvoorbeeld vaal-ribbokke in berggebiede skiet is dit noodsaaklik om te weet waar die koeël die bok gaan tref. As die jaggeweer byvoorbeeld op 300 jaart ingestel is sodat die koeël in die kol skiet is daardie geweer ingestel vir ? swaartekrag of gravitasie-val van byvoorbeeld 22 duim. [As mens loodreg op of loodreg af skiet werk die swartekrag al langs die vlugpad van die koeël en NIE loodreg daarop soos wanneer horisontaal geskiet word nie]. Dus, as met dieselfde geweer byvoorbeeld 50 grade na bo (of na onder) op 200 jaart afstand geskiet word reageer die effek van swaartekrag op die steil vlugpad van die koeël en nie loodreg daarop soos by ? skietbaan nie. Dit beteken dat die koeël 16.9 duim te hoog op ? 300 jaart teiken skiet, maak nie saak of op of af gemik word nie. Die volgende tabel (Tabel 1) word die skiet-hoek en die sin van die skiet-hoek met die swaartekrag-val in verband gebring. Byvoorbeeld, as die skiet-hoek van jou geweer bekend (50 grade) is asook die swaartekrag-val (22 duim) kan die swaartekrag-val by enige van die 10 hoeke soos op Tabel 1 aangedui word, bereken word deur, in ons voorbeeld, die 22 duim met die sin-waarde (0.766) te vermenigvuldig wat 16.9 duim gee. Onthou dat daar geen swaartekrag val is as lood-regop en lood-regaf geskiet word nie

As die geweer in die kol (zero) skiet by 300 jaart is die koeël-trajek by 150 jaart byvoorbeeld 4 duim bokant die siglyn wat bydra tot die SV by 150 meters wat 4 duim plus byvoorbeeld 5 duim (= 9 duim) by’n 70 grade skiethoek sal wees. Die jagter skiet dan 9 duim te hoog by 150 jaart. Vir ribbokke wat gewoonlik in steil rante gejag word kan hierdie kleiner bok-soort maklik gemis word deur bo-oor die dier te skiet. Vir gemsbokke wat in die steil berggebiede in die Khommas Hochland (Namibië) voorkom sal lang nekskote by voorbeeld ‘n 50 grade hoek waar die jagter nie laag mik nie die koeël deur die sogenaamde kamme van die nekwerwels deur gaan. Die bok word dan gekwes en kan wegkom. Hoe groter en nader die bok hoe minder is die praktiese effek van op- en afskiet. Om dus af te sluit. Meeste onervare jagters neem aan dat hoog gemik moet word by opdraande skiet en laag gemik moet word by afdraande skiet. Dit is verkeerd: in beide gevalle moet laag gemik word.!


Tabel 1. As die swaartekrag-val (SV) 22 duim vir ‘n 300 jaart skietbaan-afstand is en die skiethoek bekend is kan die SV vir elke skiethoek op die tabel afgelees word.
Skiethoek
(in grade) Sin van skiethoek* Swaartekrag-val
(SV)
0
(loodreg op of af) 0 0 duim
10 0.174 3.8 duim
20 0.342 7.5 duim
30 0.500 11.0 duim
40 0.642 14.1 duim
50 0.766 16.9 duim
60 0.866 19.1 duim
70 0.940 20.7 duim
80 0.985 21.7 duim
90
(horisontaal op skietbaan) 1.00 22.0 duim
(een duim = 25.4 mm)
*Hierdie verhouding wat sin genoem word, word verkry deur die presiese vertikale hoogte van die bok se blad te meet (byvoorbeeld 200 jaart hoogte van die bok se posisie te deel met byvoorbeeld 360.5 jaart wat die skuins afstand van die jagter na die bok se blad is (200/360.5) wat 0.5548 gee. Hierdie breuk moet met 22 duim vermenigvuldig word wat 0.5548 x 22 = 12.2 duim gee. (Die op- of afskiet fout = SV vermenigvuldig met sin). SV = is die swaartekrag-val in duime by ‘n gegewe skietafstand.
Willie van Aardt, 20 Julie 2009.
(Data geneem uit Harold Vaughn se boek: Rifle Accuracy Facts, 1997)

Posted by Yster on 26 June 2010 at 10:37

Stuart Riddel is heeltemal reg.Op 26 grade oor 80m, en 11 grade oor 200m is die verskil in hoogte weglaatbaar klein. Ongeveer 3mm!

Hoogte het slegs n merkbaare invloed as jy vêr skiet teen n baie skuins heling.

Ek dink nie almal besef hoe skuins 30grade regtig is nie.Kry n merk 4m hoog teen n muur. Loop 7m wag.Die hoek van die grond na die merk is ongeveer 30 grade!

Posted by André Fouché on 24 June 2010 at 14:16

Ek dink Jan en Deon se verduidelikings maak vir my die meeste sin. Ek het ook al die idee gekry dat met 'n afdraande skoot, aantrekkingskrag die projektiel afwaarts aanhelp, wat vir my sin maak as dit by ouer mense wat net praktiese ondervinding het, se raad kom: Laag afdraand en hoog opdraand.

Ons moet dalk ook dink aan die vertraging van die slagdopvlam op die dryfmiddel met 'n "nose-down" skoot. . .

Posted by Stuart Riddle on 24 June 2010 at 12:41

So much has been written about this subject, and so many hours have been spent arguing the priciples around the camp fire that one does not know the true effects in practice. I therefore decided to do my own practical field test. I first checked my rifle's zero and drop on a horizontal range at distances from 50 to 200m. Then I went to a high point on the farm and placed targets at 80m, 100m, 150m and 200m. Note that the distances were ranged from the shooter to the target and not on the horiontal because, after all, that is exactly how a hunter wouldn range an animal. The shooting point was 40m above the targets, giving downhill angles between 11 and 26 degrees. Two shots at each target revealed that the drop at each distance was exactly as was achieved on the horizontal range. Given that my rifle was shooting 1/2" groups at 100m, any effect on drop was so small that it was within the normal grouping of the rifle. My own field test has taught me that all the scientific theory results in such a small difference in point of impact that it should be ignored in practice. Obviously, the hunter should range the distance from himself to the animal and must then only make allowances for elevation to ensure that the point of impact on the animal results in the shot passing through the vitals. This is realistically the only adjustment the hunter needs to consider when shooting up or down hill. It has worked perfectly for me ever since.

Posted by Yster on 24 June 2010 at 08:58

Ek wil die bietjie hoër,bietjie laer in millimeters uitdruk.Ek gaan die voorbeeld van die skrywer gebruik van die bok wat teen 30 grade, 200m weg staan.

Deur slegs die horisontale afstand te gebruik ,is mens ongeveer 40 mm uit.Die trefpunt word meer akkuraat bepaal wanneer die trajek op skaal geteken word.

Ek het Sierra se infinity program gebruik en n 65gr koeël teen 891m/sek laat wegspring.

Die koel val 292mm oor 200 m.Teen n hoek van 30grade tref die koeël 260mm laer. As die hoek opdraand is,vat die koeël 0.0002sekondes langer om die teiken te bereik.Dit beteken die koeël gaan 0.3mm laer tref.

Dus, as die geweer gezero was op 200m gaan die koeël teen 30grade 292-260mm=32mm hoër
tref.As dit opdraand is, is dit 31.7mm en afdraand 32.3mm.

Die mense wat nie n 0.3mm groepering kan skiet op 200m nie ,kan dit maar ignoreer :)

Ek sal my kop op n blok sit,of moet ek eerder se n appel op my kop sit op 200m.(met n geweer wat 0.6MOA afgestel is.)Dit is nou as iemand skiet wat n 0.3mm groepering kan skiet op 200!

Die hoek wat die dier getref moet word om die hart te tref moet onder n ander onderwerp behandel word.

Posted by Deon de Villiers on 23 June 2010 at 14:57

Dis eenvoudig. Hiers die hele prentjie: As jy moet opdraande skiet moet jy:
1. Bietjie laer mik omdat swaartekrag net oor die horisontale afstand inwerk,
2.Bietjie hoër mik omdat swaartekrag nou teen die rigting van beweging van die koeël inwerk,
3. Dieselfde mik omdat die koeël steeds dieselfde hoeveelheid lug uit sy pad moet stoot, oor dieselfde afstand as wanneer jy oor gelyk aarde skiet.
4. 'n bietjie laer mik op die bok se vel omdat jy 'n orgaan daaragter wil tref. Skiet jy egter op 'n papierteiken, ignoreer hierdie punt omdat dit nie die derde dimensie van diepte het soos 'n bok nie.

Indien jy afdraande skiet is 1. en 3. dieselfde en 2. en 4. omgekeerd.

Nou weet julle presies hoe!

Posted by Willie van Aardt on 23 June 2010 at 10:03

Ek het reeds 'n artikel na Sa Jagters gestuur om die op-af skiet probleem op te los. Dit is nog nie gepuliseer nie. Daarvoor het ek vir Harold Vaughn (Rifle Accuracy Facts) se boek geraadpleeg. Hy was die balistiese navorser vir die Amerikaanse weermag. In beide gevalle: afdraende of opdraande skiet, moet die jagter laag vat op die bok. Die redes kan ek vir almal per e-pos stuur as ons jagters belangstel!!

Posted by Jan van Niekerk on 23 June 2010 at 09:14

Hier is nog 'n stuiwer in die armbeurs.

Trajek is afhanklik van vlugtyd.
Wanneer ons twee projektiele met dieselfde ballistiese koeffisient teen verskillende snelhede vuur sal die een met die laer snelheid se vlugbaan minder "plat" wees omdat die kragte wat op die projektiel inwerk vir ‘n langer periode en so die trajek meer beinvloed.

Die skoot wat afdraande gevuur word bereik die teiken in 'n korter tyd as die een wat opdraande gevuur word, hoewel hulle ongeveer dieselfde afstand afle. Die tydsverskil veroorsaak dat die impakpunt vir die langer (tydsgewys) opdraande vlug laer sal wees as vir die afdraande vlug oor dieselfde afstand, en inisieel is dit weglaatbaar, maar hoe verder die vlug, hoe duideliker word hierdie invloed.

Wanneer ons die horisontale komponent van die afstand in ag neem, is dit dieselfde vir beide skote "opwaarts" en "afwaarts" en die bewegingsvergelykings uit Newton se tweede wet geld, natuurlik met al die gepaardgaande aannames (bv. liggam beweeg linier in een dimensie met konstante versnelling ens.).

Wanneer ons na 'n objek kyk wat versnel word en onder gravitasie terugkeer aarde toe kan mens die vlug in 'n opwaartse en afwaartse been verdeel.
OPWAARTS:
'n Projektiel begin by “tromp”snelheid, wat deur die loop van die vlug afneem tot by v=0 by maks hoogte en versnel dan AFWAARTS onder gravitasie na die aarde tot dit grenssnelheid bereik en later die grond tref.

Indien ons nou Yster se aanslag volg en onafhanklik na die 2 vlugte kyk, beskou ons die die vlug van 'n projektiel ('n skoot) vanaf grondvlak 90 grade in die lug op tot waar dit v=0 bereik vir die "OPDRAANDE" skoot,
En vir die “AFDRAANDE” been 'n tweede skoot vanaf die hoogte waar v=0 was direk terug na die aarde toe vir die afwaartse been.

In beide gevalle is die invloed van gravitasie konstant maar op die opwaartse baan werk dit TEEN die bewegingsrigting van die projektiel in en vertraag dei snelheid tot v=0 terwyl dit op die afwaartse baan in dieselfde rigting werk en dus geen vertraging tot gevolg het nie.

Die ander groot verskil le in die beginvoorwaardes van die afwaartse been – ons BEGIN die afwaartse baan nou teen trompsnelheid (wat waarskynlik selfs groter is as die grenssnelheid) vs v=0, en die "remeffek" wat gravitasie op die opwaartse baan gehad het is afwesig, wat beteken dat die projektiel wat grond toe gevuur word die aarde heelwat vinniger bereik as die een wat net grond toe val.

Wanneer ons die vlugtyd vergelyk vir die opwaartse en afwaartse bane sien ons dan dat die skoot wat opwaarts gevuur word veel langer neem om die terminale punt te bereik as die een wat afwaarts gevuur word, hoewel die afstand presies dieselfde is.

Hoe groter die hoek raak vanaf horisontaal, en hoe langer die afstand, hoe duideliker word hierdie invloed.

Posted by Sakkie Botha on 22 June 2010 at 21:01

Wallie du Bruyn het dit raakgevat. Die swaartekrag van die aarde werk alleenlik in op die horisontale deel van die projektiel se vlug. So as daar teen 'n hoek op of af geskiet word is die horisontale deel van die vlugpad korter en sal die projektiel die teiken tref hoër as wat gemik word. Op en afdraend maak geen verskil nie.

Posted by Theo Venter on 22 June 2010 at 14:53

Vir presies die rede soos Nico beskryf haal ek my skiet instrukteur in die weermag aan:"Troepe, as julle opskiet mik af, en as julle afskiet mik op" Natuurlik met 'n paar byvoeglike naamwoorde wat nie in hierdie forum geopper kan word nie.

Posted by Yster on 22 June 2010 at 11:49

Niko Steyn gaan nael skraap bo oor n bok se hart skiet!

Posted by Wallie du Bruyn on 22 June 2010 at 11:00

Die enigste ding wat 'n effek het op die trajek van die koel is swaartekrag en weerstand. Ek dink daar kan aanvaar word dat die weerstand in die lug op 'n op of afdraande skoot dieselfde sal wees.

Swaartekrag is loodreg af grond toe.

Wanneer jy dus opdraand skiet is die uitwerking van swaartekrag ten opsigte van die pad van die koel af en agtertoe en wanneer jy afdraand skiet af en vorentoe. Die opdraand skoot koel sal dus as gevolg van swaartekrag vinniger spoed verloor as 'n gelyk skoot en dus laer tref. Dit sal in die geval van 'n afdraande skoot stadiger spoed verloor as 'n gelyk skoot en dus hoër tref.

Posted by Johann Ungerer on 22 June 2010 at 10:01

Nee wat, daar is niks fout met Nico Steyn se redenasie (of sy graad !) nie.
In die teorie waar daar op 'n plat teiken gemik word sal al die argumente van korter afstande teen op- of afdraende skiet geld. Wanneer daar egter IN 'n bok geskiet word, en nie OP die bok nie, is Nico se afleidings 100% korrek.

Posted by Sailor Malan on 21 June 2010 at 22:32

Jou jagmaat se graad is dalk bietjies te veel. Dalk moet hy weer die St 8 handboek nader trek. Hier is 'n website wat dit baie mooi verduidelik: http://www.loadammo.com/Topics/April04.htm. Maar dan moet ek ook bysê, op die tipe afstande wat ons skiet (jag) van ±300m en met die tipe wapens (gewoonlik 'n .30kal van soorte) wat ons gebruik, gaan dit dalk 'n verskil van ±1" maak. Hang natuurlik af van jou "zero" en of jy met swaar goed skiet soos 'n 9.3mm of 'n .375 ens. Lekker om oor te praat by die kampvuur, maar niks om jou kop oor te breek nie. Dit raak eers belangrik as jy planne het met jou skoonma op die 20ste verdieping of dalk taliban wil jag in Afghanistan.

Posted by Fanus Prinsloo on 21 June 2010 at 21:10

Ons het einde Mei springbok gejag by Richmond. Ek jag met n 270. Ek het binne die eerste 10 minute twwe bokke op n afstand van 120 en 180 meter kopskote geskiet. So ek het geweet dat my geweer reg gezero was op 200 meter. Ek het op n heuweltjie gesit en die derde springbok was onder aan die voet van die heuwel , ongeveer 180 meter, met n helling van ongeveer 20 na 30 grade afrdraande . Die eerste skoot was bo-oor, die bok het nie eers beweeg nie. Ek het laer gemik ongeveer op die knie en skiet n nek skoot. Soortgelyk het die trop toe bokant my verby gehardloop en moes ek hoer mik teen die opdraend. Onderving vir my praat harder as enige teorie.

Posted by willie kruger on 21 June 2010 at 20:52

met die vinnige gewere en die betreklik kort afstande [150mt maks] wat daar in bergagtige gebiede gejag word gaan die skoot omtrent tref waar jy gekorrel het, ons blameer net die mis skote op die afdraand of opdraande. wie ken nie die woorde "ek het hom geskiet waar ek gekorrel het" !!!!

Posted by Yster on 21 June 2010 at 20:13

Dit gaan oor die hoek wat die aarde se aantrekingskrag op die koel uit oefen.

As ek so iets probeer verstaan dink ek altyd aan die uiterste sitsuasie.

Veronderstel n koel kruis jou teleskoop se kruis op 25m en dan weer op 200m waneer daar reguit oor die aarde gemik word.Indien jy met die selfde geweer reguit in die lug sou op mik. Sal die koel weer die kruis wat jy deur die teleskoop sien kruis op 25 m.Die koel sal dan nie weer die kruis kan kruis nie en sal al verder weg beweeg.
Indien jou teleskoop se kruis 40mm hoër as die loop is sal die geweer op 200m in die lug 40mm x7keer hoër skiet=280mm

Ek dink in normale jagomstandighede sal die horisontale afstand gebruik kan word om te weet waar om te mik.

Posted by DR. Phil Malherbe on 21 June 2010 at 19:43

As kind het ek by ou ervare jagters geleer dat as die prooi opdraand staan, moet jy hoër mik en as die prooi op die afdraand staan, moet jy laer mik want die skoot loop hoog. Ek het aan die hange van die Magaliesberg grootgeword en daar het ons so geskiet en geen probleem met die "beginsel" ondervind nie en keer op keer ons ribbokke huistoe gebring.

Add Comments

Name

Email
(will not be displayed or published)

Comment

Security Code
Type the word on the right in the
"Verify Code" box below.

What does this say?

Verify Code

lekker wild