Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisies/Competitions

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Opleiding/Training

- - - - - - - - - - - - - - -

Snuffelgids / Classified Ads

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Bewaring/Conservation


Vuvuzela vir Renosters op 22 September
09 Sep 2010
[In English]

Latest News

Die getal witrenosters wat in Suid-Afrika gestroop word, sal binnekort die getal oortref wat gebore word, het die bestuurder van World Wide Fund for Nature's (WWF) African rhino programme, Joseph Okori, verlede week gewaarsku.

As die huidige styging in stropery voortduur, “kan ons binne twee jaar ‘n afname verwag” in die bevolkingsgroeitempo, het hy gesê.

Daar is tans sowat 19 000 witrenosters en 1 470 swartrenosters in reservate en nasionale parke in Suid-Afrika.

WWF het 22 September as “renosterdag” bepaal in ‘n poging om die dramatise styging in renosterstropery in Suid-Afrika sedert 2008 onder die publiek se aandag te bring.

WWF vra dat besorgde burgers “hul vuvzelas afstof en om 13:00 soveel lawaai as moontlik maak as ‘n simboliese gebaar om ‘n kragtige boodskap aan leiers te stuur dat dit nou tyd is om ernstige en doeltreffende optrede teen renosterstropery in te stel”.

In die parlement het omgewingsminister Buyelwa Sonjica opgemerk dat 139 renosters – vyf swart- en 134 witrenosters tussen 1 Januarie en 16 Julie vanjaar op private grond, in provinsiale reservate en in die Kruger Nasionale Park gestroop is. Sy het belowe dat haar department ‘n tussentydse nasionale wildmisdaadreaksie-eenheid in die lewe sal roep.

Okori het daarop gewys dat die kriminele sindikate agter die stropery goedgeorganiseerd is. "Hulle het helikopters en aanvalsgewere en kan narkotika produseer (om die renosters meet e verdoof). Hulle moet goeie kontakte binne instellings hê wat hierdie doofmiddels het om dit te kan bekom.”

Okori vervolg dat in die tempo waarin renosters tans gestroop word, sal 275 van die diere vanjaar gedood word. "As die stroopstyging voortduur, sal ons binnekort op 1 450 wees, wat sewe persent van die huidige renosterbevolking in Suid-Afrika is.”

Meer renosters is in die eerste sewe maande van vanjaar gestroop as wat daar in die tydperk 2000 tot 2007 gestroop is.

Ander feite oor renosterstropery is:
• Onwettige handel in renosterhorings was verantwoordelik vir die vernietiging van meer as 90% van die wêreld se renosterbevolking oof die afgelope 40 jaar.
• Sedert 2006 is minstens 1 521 renosterhorings bestem vir onwettige handel teenoor die tydperk van ses jaar tussen 2000 en 2005 to minstens 664 horings vir onwettige handel bekom is – wat ‘n tweevoudige verhoging is.
• Die meeste renosterhorings uit Afrika is bvestem vir China en Viëtnam.
• Renosterhoring het geen medisinale waarde nie en die tradisionele medisynes wat Oosterlinge koop beval waarsknlik in elk geval geen rensoterhoring nie. Dis ‘n perfekte skelmstreek: ‘n mens kan enige poeier botteleer en dit renosterhoring noem – dit sal geen uitwerking hê nie, so daar is geen manier waarop gebruikers die verskil kan agterkom nie. Die veragtelike handel word aangevuur deur bygeloof, vraatsug en skelmstreke.
• Kopers in Viëtnam en China is gewillig om tot VS $1 000 000 vir ‘n enkele renosterhoring te betaal. Dis die soort geld wat stropery kan befonds met helikopters, nagvisieteleskope, aanvalsgewere, omkoopgeld vir korrupte sekuriteits- en bewaringsbeamptes en "muile" om die horings oor internasionale grense te vervoer.



There are no comments for this article.

Add Comments

Name

Email
(will not be displayed or published)

Comment

Security Code
Type the word on the right in the
"Verify Code" box below.

What does this say?

Verify Code

Rhina alive