Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

N yale

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Opleiding/Training

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf

Jagsake/Hunting


fabarm


Sien om na Biltongjagters
By Jasper Raats
05 Apr 2017

Stephen Palos
Stephen Palos

Latest News

Terwyl sekere telers steeds goeie pryse vir hul wild verdien, neem die gemiddelde waarde van diere die afgelope twee maande skerp af op veilings. Baie boere meen nou hul somme kan dalk eerder op die jagveld klop as onder die hamer.

Mnr. Stephen Palos van die Konfederasie van Jagverenigings van Suid-Afrika (Chasa) sê egter as wildboere ernstig is oor jag, sal hulle hul sienswyse moet verander om hul plase volhoubaar as jagbestemming te bestuur. Eerstens waarsku hy boere om hulle nie blind te staar teen die aantreklike pryse wat oorsese trofeejagters bereid is om vir diere te betaal nie.

“Die wild wat julle so suksesvol teel en verkoop, beland op allerhande plekke in die wêreld. Moenie verbaas wees as julle een van die dae teen plek ’n plek soos Texas in Amerika moet meeding om trofeejagters nie. Hulle gaan ons diersoorte dáár jag sonder die reiskoste en logistiek van ’n Afrika-safari,” waarsku hy.

Aantreklik

Palos sê trofeejag is ’n goeie kontantonderneming, maar jagters kom deesdae met lang inkopielyste van diere wat hulle in ’n kort tydjie wil jag. Jagondernemers en wildboere moet groot uitgawes aangaan om dié veeleisende besoekers tevrede te hou.

Die biltongjagter, aan die ander kant, is die wildboer se brood en botter. Palos meen boere kan dié deel van die jagbedryf beter bestuur en meer inkomste verdien sonder om pryse buite die bereik van sulke jagters te plaas. Hy raai boere aan om aantreklike pakkette vir biltongjagters saam te stel en spesiale pryspakkette te bied aan jagters wat in die week kom jag pleks van oor naweke.

Deur weg te doen met onnodige arbeid, kan ’n mens baie geld spaar. Een van sy voorstelle is om jagters die opsie te gee om hul eie werkers saam te bring om kamp skoon te maak, te help slag en vuur te maak en só hul dagtarief goedkoper te maak. “My werker sal maar té bly wees vir ’n week in die Bosveld.”

Pryslys

Palos sê boere moet alles op die plaas op ’n pryslys hê, selfs die wild wat hulle nie wil laat jag nie. “Stuur die jagter deur prys weg van sekere diere of soorte diere en maak dit vir hom of haar aantreklik om dit wat jy wil uitskiet, te jag, byvoorbeeld deur die jagter per kilogram te laat betaal.”

Hy verduidelik dat baie biltongjagters die grootste dier in ’n trop skiet omdat boere ’n vasgestelde prys per bok vra. “Die jagter wil soveel moontlik vleis vir sy geld hê, maar as hy per kilogram jag, gaan hy kleiner, swakker diere uitsoek en eerder twee skiet as een grote.”

Palos glo die wildboere kan só hul kontantvloei en kuddes baie beter bestuur.


*Hierdie berig is geplaas met vriendelike vergunning van www.landbou.com waar dit oorspronklik verskyn het op 4 April 2017.

[ Back ]



GSG