Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter


  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

Huntex


Demonstrasies en Prystrekkings by HuntEx2017
26 Apr 2017


Latest News

HuntEx2017 bied vanjaar daagliks tussen 10:00 en 15:30 'n verskeidenheid praktiese en leersame demonstrasies aan by demonstrasieverhoog in Saal 3 (langs Crown National se uitstalling by nommer 329).

Besoekers kan praktiese demonstrasies van die verwerking van 'n wildskarkas en die voorbereiding van die verskillende vleissnitte stap vir stap waarneem. Hierdie demonstrasies is veral gemik op jagters wat wil leer om self die karkas te hanteer en die vleis vir eie gebruik te bewerk.

Vuurwapeneienaars kan by kundiges meer oor die fyner tegnieke van die herlaai van ammunisie en die versorging van vuurwapens leer. Wenke, teorie en praktiese toepassing vir suksesvolle langafstand skietoefeninge lok gewoonlik groot belangstelling onder jagters en sportskuts.

Gelukkige trekkings vir die lotery vind daagliks om 15:00 in die Balsaal plaas. Ben Kruger, bekende akteur, bied die loterytrekking aan. Enige besoeker aan HuntEx kan gratis inskryf vir die lotery en staan 'n kans om een van vele pryse te wen. Die wenners moet teenwoordig wees om hulle pryse te ontvang.

Vir meer inligting oor uitstallers, produkte en hoogtepunte by die ekspo, laai die HuntEx selfoontoepassing af by die Play Store.

Program vir demonstrasie en lotery

Donderdag (BBP-dag) 27 April 2017

11:00-11:45
Seek Thermal – Mobiele infra-rooi kameras wat in die donker kan sien. Jeanri Mellanby van National Cartridge demonstreer nuwe tegnologie.
12:15-12:45
InstaCAM veldkameras, slim sagteware met ‘n keuse van filters en die Instasense Toep. Waldo Cloete demonstreer nuwe neigings in dié veld.
13:30-14:15
Seek Thermal – Mobiele infra-rooi kameras wat in die donker kan sien. Jeanri Mellanby van National Cartridge demonstreer nuwe tegnologie.
15:30-16:00
InstaCAM veldkameras, slim sagteware met ‘n keuse van filters en die Instasense Toep. Waldo Cloete demonstreer nuwe neigings in dié veld.

Vrydag 28 April tot Sondag 30 April
Crown National bied 'n reeks demonstrasies aan oor die ontbening van 'n karkas en voorbereiding van wildvleis.

10:00-11:00
Kry waarde uit wildsvleis: Ontbening van karkas en prima-snitte
11:30-12:30
Kookdemonstrasie van wildsvleis en prima-snitte
13:00-14:00
Benutting van gemaalde wildsvleis
Ontbening van karkas
14:30-15:30
Geregte met gemaalde wildsvleis

Die ander demonstrasies handel oor die herlaai en versorging van 'n vuurwapen.

10:00-11:00
Alliwyn Oberholster: groefdraai, koeëlgedrag en koeëlkeuse
11:00-12:00
Turner Wilkinson en Alliwyn Oberholster: teorie en praktiese toepassing vir langafstandskiet
12:00-13:30
Nico Roets: herlaai-demonstrasie
14:00-14:45
Nico Roets: Skoonmaak en versorging van vuurwapens
15:00-16:00
Adriaan Rall: keuse van kalibers, ammunisie en optiese hulpmiddels vir jag.

Die HuntEx lotery word op Vrydag, Saterdag en Sondag om 15:00 aangebied deur Ben Kruger.


Die program vir Maandag 1 Mei sal slegs fokus op die herlaai en versorging van 'n vuurwapen.

11:00-12:30
Nico Roets: herlaai-demonstrasie
13:00-14:00
Nico Roets: die skoonmaak en versorging van vuurwapens

Maandag se HuntEx lotery word om 14h00 aangebied deur Ben Kruger.

HuntEx2017 datums en skoutye
28 April – 9:00-16:00
29 April – 8:00-16:00
30 April – 9:00-16:00
1 Mei - 9:00-15:00

[ Back ]