Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

N yale

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf

Jagsake/Hunting


fabarm


RESEP VIR DIE BESTE JAG!
08 Jun 2017

Latest News

Dit is weer sulke tyd. Jagtyd. Daar is dinge wat dit die moeite werd maak om ‘n man te wees. Soos ons manne ouer word, leer ons dat die winde net reg moet waai, dit help baie. Soos toe ek jonk was en aan my vrou moes probeer verduidelik waarom ek ‘n jaggeweer moes koop. Nou ja mens begin maar by die vriende en familie ensovoorts rondvra watter gewere hulle het.

Skielik uit die bloute haak my skoonsuster af:
‘n Man MOET ‘n GOEIE GEWEER hê. Nou ja, toe waai die wind reg en ek kon my geweer koop, weliswaar moes ek aan hom afbetaal!

Dit is maar moeilik om aan jou vrou te verduidelik dat die teleskoop of iets wat jy by Huntex gekoop het, die grootste winskopie ooit was. Of die handgemaakte mes om die bok se keel af te sny, “o, sê sy, ek dog julle skiet die bokke!” Hoe kan jy aan haar verduidelik dat as jy gaan jag, jy die nodige toerusting soos ‘n goeie geweer, regte patrone, goeie teleskoop, goeie teleskoop, goeie jagmes, goeie verkyker, miskien ‘n range finder, camouflage klere ens. moet hê, want daar om die vuur word die manne gemeet.

Elkeen het sy eie styl, maar iets van jou moet uitstaan. Jou spesiale patrone of geweer, of mes of teleskoop of spesiale camo klere. Jy kan nie aand na aand daar langs die vuur sit en luister na ander manne se spesiale toerusting of gewere en jy kan gaan bydrae lewer nie. Jy raak onseker van jouself. As jy so aanlê na jou bok, net jy en jou geweer, moet jy selfvertroue hê, jy moet nie nou begin twyfel in jou toerusting nie. Die wind moet dan net reg wees. Dis maar moeilik om hierdie goed te verduidelik dat dit sin maak. Dit is meer die moeite wat jy gedoen het om te wys hoe ernstig jy die jagveld opneem wat jou sal laat uitstaan.

Maar manne, hier is ‘n plan om die winde ook by die huis te laat reg waai. Alles gaan sommer duideliker wees en die verduidelikings met verwondering aangehoor word.

Verras jou vrou met ‘n geskenkbewys van hierdie unieke skoene. Iets wat haar sal laat spesiaal voel en uitstaan in die alledaagse en uitsonderlike tye. Iets waarmee jy moeite gedoen het om te ondersoek en te kry.

KYK gerus hier www.tillaenjacob.co.za

Daardie aanlê na jou bok en die wete dat die wind by die huis ook reg waai, gaan daardie biltong ekstra lekker laat smaak!

Kom ons kyk ‘n bietjie na hierdie produk soos ‘n jagter na sy toerusting

Wêreldbekende Handelsmerk – HOT CHOCOLATE DESIGN- net soos Zeis of ZC of Glock.
Kwaliteit – is reg soos ‘n Mauser
Uitstaan kenmerk - sal jou vrou laat uitstaan, soos wanneer jy deur ‘n Swarofski teleskoop kyk.
Die binnesole en insetsels is soos ‘n Purdy haelgeweer – pasgemaak
Jou vrou sal so voel soos jy na daai perfekte skoot!
Die spore wat die skoene los is soos bokke s’n verskillend, elkeen sy eie prentjie, so verskil die voetspoor van die linker en regter sool van die skoene
Al haar vriendinne gaan deur hulle range finders kyk om vas te stel watter skoene sy aan haar voete het.
Die binnesool laat haar ligvoets trap soos ‘n kudu
Die gespe werk so glad soos ‘n slot van mauser.
Soos Marilyn Monroe gesê het: “Give a girl the right shoes and she/you can conquer the world (jagveld!)

Kyk hier en koop die geskenkbewys vir haar Chocolaticas Skoene van Tilla & Jacob.

[ Back ]



T&J