Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

pmp

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Huntex

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

In my teleskoop/telescope

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Navorsing/Research

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

pmp

Kompetisie/Competition


SA Jagters Fotokompetisie
01 Sep 2017


"Worth Conserving" SA Jagters Kompetisiefoto
Photo: Hano Smuts

Latest News

SA Jagters bied weer ‘n fotokompetisie vir lede aan vanjaar.

Die doel van die kompetisie is om ‘n portefeulje saam te stel van die beste foto’s wat SA Jagters se lede geneem het sodat dit by geleenthede soos die jaarlikse kongres se gala-aand kan vertoon word. Die naam van die fotograaf en die tak waaraan die lid behoort, sal by die foto verskyn.

Die kategorieë vir die kompetisie is:
- Die moeite werd om te bewaar. Enige plant- of dierelewe wat na jou mening die moeite werd is om te bewaar.
- Dis hoekom ek jag. Wat maak jou jagtog soveel méér as net skiet.
- My tak is die beste. Hoekom jy dit geniet om aan jou SA Jagters-tak te behoort.

Aan die einde van elke kwartaal sal SA Jagters foto’s kies om by hierdie portefeulje in te sluit en dit ook op www.sahunters.co.za publiseer. Erkenning sal gegee word vir die beste foto’s, nl:

Brons sertifikaat, vir noemenswaardige inskrywings (kwartaalliks)

Silwer sertifikaat vir finaliste wie se foto’s in die portefeulje ingesluit word (kwartaalliks) en

Goue sertifikaat vir wenners in elke kategorie (jaarliks)

Die sertifikate sal op die lid se aanlyn-profiel gevoeg word. Ontvangers van hierdie sertifikate sal ‘n ooreenstemmende lap-kenteken van hoofkantoor af kan bestel.

Let wel: vir hierdie kompetisie aanvaar ons GEEN foto’s van diere wat gejag is of van jagters wat poseer by diere wat gejag is nie. Sulke inskrywings sal nie in ag geneem word nie.

Reëls vir die Kompetisie

Slegs opbetaalde lede van SA Jagters mag deelneem.

Inskrywings is gratis.

Deelnemers mag slegs foto’s inskryf wat hulleself geneem het, m.a.w. hulle moet die kopiereg op die foto besit.

Deur in te skryf gee deelnemers aan SA Jagters toestemming om die foto’s onbeperk vir die Vereniging se doeleindes te gebruik, maar met volle erkenning aan die fotograaf.

Slegs 5 inskrywings per lid per maand sal aanvaar word.

Stuur inskrywings saam met die onderstaande inligting na sahuntphoto@gmail.com:

Naam en van

SA Jagters-lidnommer

Kontaktelefoonnommer

Plek waar die foto geneem is

Kategorie waaronder jy inskryf, en

Titel, boodskap of beskrywing wat jy by die foto wil voeg (opsioneel)

Foto’s moet groter as 1MB en (verkieslik) kleiner as 3MB wees.

Finaliste mag versoek word om die hoër kwaliteit of oorspronklike, onveranderde foto’s te verskaf.

Foto’s mag verbeter word (basiese verstellings soos kleur, beligting, kontras en grootte) maar nie verander word nie (gevorderde verstellings soos duplisering en kopiëring).

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 31 Oktober 2017.

Dit is deelnemers se verantwoordelikheid om te verseker dat hulle die reëls van die kompetisie verstaan en daarby hou.

Die wenners van elke kategorie sal voor SA Jagters se galadinee op www.sahunters.co.za en in die SA Jagters nuusbrief bekend gemaak word.

Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie in die verband sal gevoer word nie.

[ Back ]



pmp