Pot-Shot

Wees 'n Trotse Jagter
Be a Proud Hunter

RSS Feed   Facebook    Twitter

N yale

  

Jongste Nuus / Latest News

- - - - - - - - - - - - - - -

Algemeen / General

- - - - - - - - - - - - - - -

Benutting/Utilization

- - - - - - - - - - - - - - -

Bewaring/Conservation

- - - - - - - - - - - - - - -

Jagsake/Hunting

- - - - - - - - - - - - - - -

Wapens/Arms

- - - - - - - - - - - - - - -

Kompetisie/Competition

- - - - - - - - - - - - - - -

Opleiding/Training

- - - - - - - - - - - - - - -

Optiks

- - - - - - - - - - - - - - -

Gun Shop Gazette

- - - - - - - - - - - - - - -

Argief / Archive

- - - - - - - - - - - - - - -

Subscribe

- - - - - - - - - - - - - - -

Unsubscribe

saf

Jagsake/Hunting


fabarm


Wapens gesteel tydens jag
28 Jun 2018

Latest News

Daar is onlangs ‘n kennisgewing gesirkuleer op WhatsApp van jagters wie se vuurwapens gesteel is tydens besoeke aan die jagveld. Dit lui as volg:

“n Dringend boodskap vanaf Saps aan alle boere/plaas eienaars wat jagters gaan ontvang die jag seisoen.

Daar is gister aand (Saterdag 23 Junie) ingebreek by n jagkamp op Dwaalboom en jagters se wapens is gesteel.

Daar was ook die week ingebreek by plase en jagkampe in die Waterpoort en Musina gebied.

Maak seker jou jagters se verblyf is veilig en wapens word dadelik toegesluit in n kluis.

Die tydperk wat die jagters vanaf die veld kom tot hul gaan slaap is dit uiters belangrik dat alle wapens toegesluit word asb.

Saps Groete,
Brigadier Eddie van der Walt
Gebiedsbevelvoerder Soutpansberg.
0825657139”

Die SAJWV het na aanleiding van die bogenoemde boodskap ‘n kennisgewing aan lede uitgestuur om hulle te maan om seker te maak dat vuurwapens veilig weggesluit is in kluise wanneer dit nie onder die jagters se persoonlike toesig is nie.

Kriminele het duidelik agtergekom dat jagplase ‘n gulde geleentheid vir die diefstal van vuurwapens bied en lesers word gevra om ook hulle eie vriende en kennisse in te lig van hierdie onlangse verskynsel.

Die skade wat berokken word deur 'n vuurwapendiefstal strek baie verder as net die finansiële verlies aan die eienaar, dus is dit van opperste belang dat vuurwapens so goed as moontlik beveilig word wanneer hulle nie deur die eienaar hanteer word nie.

[ Back ]



T&J